Meditasie vir Besige Mense
Meditasie vir Besige Mense is 'n professionele CD produksie vir besige mense wat nodig het om in 'n kort tyd te ontspan en kragte te herlaai. Die stem is rustig, die musiek kalmerend en die oefeninge is maklik uitvoerbaar in so min as 12 – 20 minute.
Voordele van Meditasie
Die verskil tussen Begeleide Meditasie en Solo-meditasie
Wat behels Meditasie vir Besige Mense? (Luister na uittreksels)
Maak seker dat jy Begeleide Meditasie kies wat by jou pas
Voordele van Meditasie
- Meditasie bring die spitsverkeer van stresboodskappe in jou lyf tot bedaring en vervang dit met die rustige vloei van ontspanningsfisiologie.
- Dit gee jou liggaam en gees kans om natuurlik te regenereer.
- Hierdie gekalmeerde fisiologie hou talle goed-gedokumenteerde gesondheidsvoordele in, bv. verligting van hipertensie, asma en angstigheid, verminderde serum-cholesterolvlakke, pynverligting en vinniger deurwerk van stresvolle gebeure.
- Rustigheid en gesentreerdheid bring verhoogde energievlakke en skerpsinnigheid wat help dat mens op jou beste kan presteer tydens aanbiedings, onderhoude, eksamens en ander daaglikse uitdagings.
- Diep Ontspanning (soos Snit 3) help om 'n besige kop en rustelose liggaam tot bedaring te bring, sodat 'n mens saans maklik aan die slaap kan raak en diep kan rus sonder die nodigheid vir slaapmedikasie.
- 'n Kalm en gesentreerde gemoed versnel die genesinsgproses ná 'n siekte, operasie of ongeluk.
- Konsentrasie en geheue verbeter soos wat 'n mens deur meditasie leer om ten volle teenwoordig te wees in elke oomblik. Dit bevorder ook die integrasie van breinfunksie, wat verhoogde kreatiwiteit tot gevolg het en soms maak dat 'n mens jouself verras met jou verskerpte probleemoplossingsvaardighede.
- Gereelde mediteerders ervaar dikwels geestelike verdieping en groei met betrekking tot die sin en betekenis van die lewe. Dit kan ook meebring dat 'n mens in jou alledaagse lewe meer liefde en vreugde as spanning en angstigheid ervaar.
- 'n Mens dink helderder en ervaar meer emosionele stabiliteit wanneer jy deur gereelde meditasie leer om bewus te wees van jou gedagtes en gevoelens soos hulle kom en gaan.
- Meditasie is 'n nuttige hulpmiddel vir mense wat besluit het om verslawings en ander destruktiewe gewoontes te staak.
Die verskil tussen Begeleide Meditasie en Solo-meditasie
Alle vorme en metodes van meditasie werk op dieselfde beginsel:
Begeleide meditasie verskaf die fokuspunt vir die meditasiesessie, 'n stem wat instruksies gee, en tyd om die instruksies uit te voer. Die voordeel van begeleide meditasie is dat dit makliker is om jou aandag gefokus te hou as daar 'n stem is wat jou telkens laat terugkeer na die fokuspunt wanneer jou aandag gedwaal het.
Solo-meditasie is as 'n mens jou eie fokuspunt kies, vir jouself die instruksie gee om jou aandag op die fokuspunt gerig te hou, en jou aandag telkens terugbring na jou fokuspunt sodra jy besef het dat jy afgedwaal het. Die voordeel van solo-meditasie is die vryheid om jou eie fokuspunt te kies en self te besluit hoe lank jy jou aandag op die fokuspunt probeer hou.
Wanneer jy nuut is tot die dissipline van meditasie, help begeleide meditasie baie om jou vinniger te laat sukses in die proses van aandag rig-en-hou. Later, wanneer 'n mens se vermoë om jou aandag gefokus te hou goed begin ontwikkel, kan 'n stem wat instruksies gee egter begin irriterend raak. In so 'n geval is die tyd reg om solo-meditasie te begin beoefen. Maar selfs ervare solo-mediteerders vind onder sekere omstandighede dat hulle verstandelike stabiliteit agteruitgaan! Dan is dit gerusstellend om 'n gunsteling begeleide meditasie te hê om op terug te val, sodat jou beoefening van meditasie nie tot stilstand kom in moeilike tye wanneer jy dit juis die nodigste het nie.
Wat behels Meditasie vir Besige Mense?
Die CD bevat 4 oefeninge wat wissel van 12 – 20 minute elk, en een wat 7 minute lank is. 'n Mens hoef slegs een oefening op 'n slag te doen om die voordele te geniet. Sommige mense verkies om elke keer dieselfde oefening te doen, en ander mense verkies om 'n lke keer 'n oefening te doen wat hulle huidige omstandighede of gemoedstoestand die beste pas.
Snit 1: Inleiding
'n Verduideliking van die waarde van stilword, hoe meditasie werk en hoekom dit vir 'n mens voordelig is om gereeld te mediteer.
Snit 2: Laat Los
Ontknoop die spanning in jou nek en skouers. Hierdie snit neem omtrent 7 minute om te doen en kan voor enige van die ander oefeninge gedoen word.
Snit 3: Ontspan
'n Klassieke progressiewe ontspanningsoefening wat 'n toestand van diep kalmte en totale skietgee van spierspanning bevorder. Hierdie oefening is veral geskik om net voor slaaptyd te doen.
Snit 4: Laat Wees Dit Soos Dit Is
Kry beheer oor jou gedagtes deur te leer om jou aandag te fokus. Oefen jou verstand om die dinge wat jy nie kan verander nie, net rustig te aanvaar soos dit is - eerder as om voortdurend in stryd met jouself of jou omstandighede te wees.
Snit 5: Herlaai
Die fokuspunt vir die verstand is jou eie hartklop, en die oefening begelei jou om bewus te word en in te skakel op die energie wat binne-in jou en rondom jou beskikbaar is.
Snit 6: Droom
Hierdie oefening bied 'n konstruktiewe alternatief tot bekommernis. Deur 'n "gelukkige einde" op te droom vir 'n kwessie waaroor jy jou bekommer en die gepaardgaande positiewe effek in liggaam en gees te ervaar, maak jy 'n groot verskil aan jou vermoë om nuwe opsies te genereer en die situasie op 'n positiewe manier te hanteer.
Maak seker dat jy Begeleide Meditasie kies wat by jou pas
Begeleide meditasie kan dit baie maklik maak om jou kop afgeskakel te kry… of dit kan jou so irriteer dat jy ná die tyd in 'n slegter toestand is as voor jy begin het!
Hier is ' paar kriteria om te oorweeg wanneer jy 'n begeleide meditasie produk wil aanskaf:
- Die stem en pas van die oefeninge: toonhoogte, uitspraak, tempo, styl – maak die persoon se stem jou rustig of gespanne? Voel jy daar is genoeg tyd vir jou om die instruksies uit te voer?
- Lengte van die oefeninge: Hoeveel tyd het jy vir stilword? Kyk hoe die CD gestruktureer is en of dit jou 'n keuse bied om korter of langer te mediteer, afhangende van jou situasie.
- Musiek: Watter soort musiek laat jou die beste ontspan – meer klassiek of meer esoteries? Hoe goed is die vermenging van die stem en die musiek gedoen – oorheers die een die ander? Maak seker dat jy aanklank vind by die musiek wanneer jy op 'n begeleide meditasie produk besluit.
- Professionaliteit van die produksie: Hoe belangrik is dit vir jou om verkeer of blaffende honde of bladsye wat omgeblaai word NIE in die agtergrond te hoor nie? Dis baie moeilik om 'n stil agtergrond te hê wanneer mens klankopnames maak, en as jy vol fiemies is oor opnamekwaliteit is dit 'n goeie plan om hierdie aspek deeglik te oorweeg voor jy koop.
Meditasie vir Besige Mense:
1 |
'n Rustige alt-stem – kalmerend sonder om singerig te wees
|
|
2 |
Oefeninge wat 12 tot 20 minute elk duur om te doen. Een oefening op 'n keer is voldoende, maar niks verhoed jou om nog een ook te doen nie. |
|
3 |
Oorspronklik gekomponeerde musiek vir elke snit, behalwe vir "Let It Be". Die musiek is meer klassiek as esoteries, met voëlgeluide en waterklanke in die agtergrond. |
4 |
'n Hoogs-professionele produksie - geen steurende agtergrondsgeluide nie, en baie aandag aan detail soos die vermenging van die stem en die musiek. |
|
|