Die Gebed van St. Francis
Heer, maak my ‘n instrument van u vrede
Waar daar haat is, laat ek liefde saai
Waar daar onreg is, vergifnis
Waar daar twyfel is, geloof
Waar daar duisternis is, lig
Waar daar hartseer is, vreugde
Waar daar wanhoop is, hoop
Heer leer my om nie daarna te smag om getroos te word nie, maar te troos
Nie om verstaan te word nie, maar te verstaan,
Nie om bemin te word nie, maar lief te hê
Want dit is deur te gee dat ek ontvang
Dit is deur te vergewe dat ek self vergewe word
En dit is deur te sterf dat ek die ewige lewe ontvang. |